Dans Deur Die Donker

Dans Deur Die Donker

Fokofpolisiekar, die vyftal punk-rock groep van Bellville, is soos Marmite—of jy love dit of jy haat dit. Toe Apple Music met hulle gesels oor die nuutste album sê Wynand Myburgh (besigheidsbestuurder en baskitaarspeler): “Vir my het om ’n ‘rock’ album in 2023 te skryf nogal daunting gevoel, maar julle ouens (almal van julle) het ’n vibe gebring en die end product is bef*k!” In hul twintigste bestaansjaar lewer Fokofpolisiekar hul vyfde album, Dans Deur Die Donker. “Dis een album elke 4 jaar,” lag Hunter Kennedy (Liriekskrywer + ritmekitaarspeler). Oor die nuutste album brei hy uit: “Ek het The Offspring se Smash geluister en Green Day se Dookie en ek wou so album maak. ‘n Album wat voel soos ‘n unit. ‘n Album as opposed to a collection of singles. ‘n Lean album. Trimmed the fat kind-of vibe. Ons het die album vir onsself gemaak. Die album klink asof my 90’s CD-leêr ’n one-night stand met 2023 se internet gehad het.” Apple Music het gevra dat hulle bietjie uitbrei oor elke song. Ctrl+Alt+Delete Johnny De Ridder (hoofkitaarspeler) lag: “Ons het gesukkel om die chorus beat reg te kry.” Wynand Myburgh: “Dis omdat dit net Theo [Crouse; producer + kitaarspeler vir Springbok Nude Girls] en Snake in die studio was daai dag.” Snake (tromspeler): “Kak, man! Ek het net gespeel wat Johnny geprogram het.” Francois (Van Coke; Sanger): “Jy speel baie goed dromme op hierdie album, Snakey.” Snake: “Thanks, Frannie.” Hunter: “Ek het heavy The Offspring try channel hierso, maar dit het so bietjie AFI uit gekom.” Ek Voel so Klein Francois: “Hierdie was een van my eerste favourites.” Hunter: “Wynand het vir my gevra of ek regtig hoë bloeddruk het.” Wynand: “Dit het so gelyk. Ek dog jy probeer dalk iets vir ons sê.” Snake: “Ek dig die chorus op die ene.” Johnny: “Ja, dis nogal funky.” Die Goeie Ou Dae Hunter: “Alan [merch bestuurder + reisbestuurder] sê hierdie song maak hom hartseer.“ Wynand: “Dis omdat hy op Vryburg groot geword het.” Francois: “Díe song maak my ook hartseer.” Snake: “Dit het so bietjie van ’n Laurika Rauch vibe aan hom.” Johnny: “Maybe bietjie Springbok Nude Girls ook?” Word Wakker Word Groot Johnny: “Ek het nie geweet of hierdie song gaan werk die eerste keer wat Hunter dit vir my gespeel het nie.” Snake: “Ek dink nie enige van ons het nie.” Wynand: “Maar Johnny—you made it work!” Francois: “Goddank vir Johnny se oor.” Hunter: “Hoor!” Breindrein Hunter: “Jis, ons het gesukkel met die song.” Snake: “Jy’t gesukkel met die song!” Hunter: “Maar ek like dit nou. Dig daai vet bouncy riff.” Wynand: “Volgende album is Nu-Metal.” Francois: “Ek is reg om te rap.” Dans Deur Die Donker Wynand: “Ek is al gatvol vir die song. Dit was die eerste ene wat op so plek was om gemix te word. Ons het lank gevat, maar saam met Dane [Taylor; mixing engineer] het ons die album se basic mix template establish op die ene. Met die gevolg dat ek hierdie song al miljoene kere geluister het. Ek skip hom nou.” Johnny: “Maar jy maak nogsteeds foute op hom live.” Wynand: “Issie, dis Snake.” Dis Nie Nodig Om My Polse Te Sny Nie Hunter: “Hierdie was eers ander lirieke in die koor! ‘Dis niks om oor huis toe te skryf nie’. Maar ek dink ‘Dis nie nodig om my polse te sny nie’ werk beter. Partykeer kort mens daai reminder.” Fok Rond Hunter: “Johnny het vir ons almal traps gestel op die ene.” Snake: “Dis omdat mens daar moet in val op die and” Johnny: “Dis nie op die and nie.” Francois: “Ek love dit om daai ‘Daar is wiskunde…’ deel te sing.” Goue Drol Hunter: “Frannie het die ene se lirieke geskryf en dis probably die beste track op die album! Ek is jaloers.” Snake: “Ek like die ene. Ek kry so Billy Talent vibe van dit af.” Johnny: “Dis die beste track naam wat ons nog gehad het!” Francois: “Ja, die titel moes obviously ‘Nie tyd vir heirdie kak nie’ gewees het.” Wynand: “‘Goue drol’ is beter.” Francois: “Prove it.” Wynand: “Proven.” Die Gees Van Fokof Wynand: “Ons joke altyd dat die ‘gees van fokof’ ons lei, soos, as ons verlore raak, of so, of as ons teëspoed optel. Hunter het dit obviously te ernstig op geneem.” Hunter: “Ag, die song gaan vir my oor hoe ons saam groot geword het op die pad.” Snake: “Ek dig daai chunky, grunge kitaarspel daar aan die begin.” Hunter: “Chunky Grunge!” Johnny: “Beter as Funky grunge.” Oorgestimuleer Hunter: “Classic skate-punk vibes.” Snake: “Ek wetie wat die woorde beteken nie.” Hunter: “Presies.” Die Einde Hunter: “Nog niemand het al die einde van die wêreld reg voorspel nie.” Johnny: “Nog nie.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada